Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "G'n Gedig " van NEELS JACKSON
"G'n Gedig " van NEELS JACKSON [boodskap #8496] Di, 11 Februarie 1997 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
G'N GEDIG
Neels Jackson

G'n gedig storm gillend
op jou af, gryp jou
voor die bors en deklameer:
"HIER'S EK!"
nie.

Veel eerder word jy jou gewaar van
'n skuifel deur die hoek van die oor,
die dun kontoere van 'n sluip,
'n stil skadu wat oor die wete gly
- dan's dit weer verby.

Net as 'n mens fyner kyk
sal 'n vers haar meer laat lyk
as die buitelyne van 'n blyk.

As jy peinsend, speurend, ag bly slaan,
kan haar skaamte langsaam taan -
tot oplaas 'n sluier wyk
en so volmaak, volledig voor jou staan.

Gedigte is skugter,
openbaar hulself selde -
en dan slegs aan 'n geduldige digter.

(gepos deur gloudina bouwer)
Vorige onderwerp: "Johannesburg, 1997" deur FERDI GREYLING
Volgende onderwerp: "Mohammed aan Ajesja" deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 10:39:46 MGT 2024